Local newsNews

LewenSentrum Gholfdag ‘n reuse sukses

SOOS in die vooruitsig gestel, was die Alberton LewenSentrum (ALS) se gholfdag weer een van Reading Buiteklub, sowel as vir ALS se welsyninsameling, ‘n reuse sukses.

ALBERTON – ‘n Groot gholfdag van hierdie kaliber kan nie verwesenlik word sonder gehalte, kwaliteit borge en geborgde aktiwiteite en vermaak, wat terdeë deur die spelers geniet is.

Deur die gholfdag, puik georganiseer deur Kobus Grobler en sy span, word ‘n groot verskil in die gemeenskap gemaak, waar die ingesamelde fondse ingepomp word.

Die algehele 2015 wenners is Johan Thiart en Emises Redpath, met die ander top 10 uitslae: tweede prys Edwin Strauss en C Henning; derde Piet van Tonder en Charl Albasini; vierde Hennie en Johan Bothma; vyfde Darryn Bailey en Jacques Kok; sesde Wilna du Toit en David Nel; sewende Simone Burger en Jaco Houman; agtste Hendrik de Korte en Paul Bothma; negende Frans van Tonder en Francois de Kock, met die vorige wenners van 2014, Kevin Smith en Barend Kok vanjaar in die 10de plek.

EERSTE PRYS WENNERS: Alberton LewenSentrum se gholfdag wenners is Emises Redpath en Johan Thiart (in die middel), hier saam met Ria van der Merwe en Jakkie van Niekerk, tydens die prysuitdeling.
EERSTE PRYS WENNERS: Alberton LewenSentrum se gholfdag wenners is Emises Redpath en Johan Thiart (in die middel), hier saam met Ria van der Merwe en Jakkie van Niekerk, tydens die prysuitdeling.

Ander vernaamste pryswenners is: langste dryfhou Simoné Burger en Piet van Tonder (ouer as 60).

Naaste aan pen: David Nel (vyfde), Kobus Henning (sewende en 11de), Robbie Schlemmer (15de);

‘n Spesiale pryskompetisie vir die 15de pen is deur Nico le Roux gewen.

 

Related Articles

Back to top button