Frank Opperman by Doxa Deo

Die opvoering vind op 18 Junie plaas en begin om 19:00. Vir besprekings en navrae kontak Elize 011 867 5954 of per epos by elize.brand@doxadeo.co.za

ALBERTON – ‘n Nuwe inisiatief word in Junie by die Meyersdal kampus van Doxa Deo, in hul eie ouditorium, die Odeon Teater, geloots .

Hier gaan verhoogproduksies van hoë gehalte op die planke gebring word, en die gemeenskap kan deel word van genotvolle kuieraande. Almal word genooi om ‘n piekniekmandjie saam te bring en saam met familie en vriende om ‘n tafel te kuier.

Die eerste Odeon Teater geleentheid verwelkom een van Suid-Afrika se bekende akteurs, Frank Opperman, om mense op sy unieke manier te kom vermaak.

Frank sal die gehoor met sy eenman produksie, Die Klaagliedere van Ds Tienie Benade, besig hou.

Die opvoering vind op 18 Junie plaas en begin om 19:00. Vir besprekings en navrae kontak Elize 011 867 5954 of per epos by elize.brand@doxadeo.co.za

Die kaartjies is te koop teen R100 vir volwassenes en R50 vir skoliere. Doxa Deo Meyersdal-gemeente se adres is Grey Villea Straat 10, Meyersdal. Winste wat gegenereer word sal aangewend word vir verskeie gemeeskapsprojekte in Alberton en die Johannesburg area.

Exit mobile version