Community AnnouncementsLocal newsNews

Skenk ‘n koek vir die kermis

Dit is weer tyd vir die groot fees by die Alberton Aftree-Oord en die bal is aan die rol vir hul kermis, op Saterdag, 6 Junie, vanaf 09:00.

ALBERTON – Dieselfde gebak soos dié by die Pannekoekden, naamlik pannekoeke, vetkoeke, kerrie en rys, jaffels, prego-rolle, boereworsrolle, hoenderrolle, ‘n tuisnywerheid- en koektafel, heerlike poedings en ribrolle sal aangebied word.

Die oord neem ook die vrymoedigheid om skenkings van die publiek te vra, vir klaar gebakte koeke vir hul koektafel.

Dan is daar natuurlik koeldranke, tombola en spookasem.

Die oord vra die publiek se ondersteuning aangesien hierdie een van hul grootste fondsinsamelingsprojekte is.

Kom kuier en eet saam. Tafels en stoele sal beskikbaar wees vir die gemak van besoekers. ‘n Kontantkroeg is ook beskikbaar.

Tafels is beskikbaar vir uitstallers van buite teen ‘n nominale fooi.

Vir enige verdere navrae, skakel die kantoor by 011 907 8641 tydens kantoorure (09:00 tot 13:00) en gesels met Cathy of Renie. Die oord is geleë in Kritzingerweg 45, Florentia.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button