Local newsNews

Allie het jou hulp nodig

John Leech, ‘n 17 jarige leerder van Alberton Hoër was 11 Maart in ‘n ernstige motorfiets ongeluk. John is verlam na die ongeluk en in die Milpark rehabilitasie sentrum. Sy ouers se mediese fonds is uitgeput en hulle benodig fondse vir n rolstoel , die rehabilitasie sentrum en vele ander onkostes.

ALBERTON- John Leech, ‘n 17-jarige leerder aan die Hoërskool Alberton is verlam nadat hy op 11 Maart in ‘n ernstige motorfietsongeluk betrokke was.

Hy is tans in die Milpark Rehabilitasie Sentrum en sy ouers se mediesefonds is uitgeput. Die gesin benodig fondse vir ‘n rolstoel, asook om die rehabilitasie sentrum en vele ander onkostes te dek.

Daar is fondsinsamelingsprojekte van stapel gestuur en die publiek se ondersteuning word gevra.

Alberton Bet-el Kerk verkoop kaartjies teen R30, waar jy fantastiese pryse kan wen, asook “Blessed to be a Blessing 2015” armbandjies teen R20. Vir meer inligting oor die kaartjies of armbandjies, skakel gerus Bet-el se kerkkantoor by 011 869 3015, Kobus Beukes by 072 743 6225, of Johan Snyders by 083 455 4804.

Juanita en Chantel, van Shoot Pam, koördineer familie- en ander fotosessies wat deur ‘n professionele fotograaf hanteer word. ‘n Gedeelte van die opbrengs van die foto’s sal aan John geskenk word. Die volgende fotosessies vind plaas op 30 Mei, by die Jackson Dam, Brackenhurst. Sou jy belangstel, skakel gerus vir Juanita by 072 877 8733 vir meer inligting en besprekings.

Indien jy een van dié is wat spog met ‘n behoorlike klankstelsel in jou voertuig, moet dan nie Juanita en Chantel se byeenkoms op 27 Junie misloop nie.

Almal wat weet waaroor klank in voertuie gaan, kom vanaf 08:00 tot 24:00 bymekaar. (Byeenkomsplek sal bevestig word). Koeldranke en kos sal te koop aangebied word en daar sal ook vermaak vir die kleinspan wees. Vir meer inligting oor deelname, kontak vir Juanita by 072 877 8733.

Individue wat skenkings wil maak kan inbetalings in die volgende rekening maak: Rekeningnaam – Faith (John Leech), Absa Oakdene, rekeningnommer 930 715 3725, takkode 63 02 05.

*John se ouers wil graag die volgende mense bedank vir hulle ondersteuning: “Dankie God dat U ons seun vir ons gespaar het en dat hy nog saam met ons kan wees, Dankie Bet-el Kerk Alberton vir die fondsinsameling wat julle gereël het en ook ‘n dankie aan Hoërskool Alberton, wat die kerk help met die verkope van die bandjies en jul ondersteuning aan ons as ‘n familie. ‘n Groot dank aan die familie vir al die ander reëlings om fondse in te samel, en ons vriende wat ons ondersteun, nie net in gebed nie, maar ook met praktiese reëlings.”

Related Articles

Back to top button