Local newsNews

Jeug musiekfees

Die Albertonse Mannekoor bied ‘n Jeug musiek talent fees aan ter ondersteuning van die Christelike Maatskaplike Raad. Hulle tree saam met die Cantare kinderkoor op en talenvolle jong mense.

ALBERTON- Die Albertonse Mannekoor bied ‘n Jeugmusiek Talentfees aan, ter ondersteuning van die Christelike Maatskaplike Raad.

Hulle tree saam met die Cantare Kinderkoor op, en die volgende talentvolle jong mense sal ook deelneem: Sergio Zampoli is op die akkordeon, André Breet en Jodi Mol op die klavier, Inge Kuhn, Manus Kleynhans en Natasha Nepgen sal met sang vermaak, Lizzie Wells en Kyra Mol speel die blokfluit, en Leeza Mol die klokkies, met Zandi Viljoen en Neo Matsatse op die viool.

Die fees van musiek word op Vrydag, 22 Mei, om 7nm, by die Burgersentrum in Alberton, aangebied.

Kostes beloop R100 per persoon.

Kontak vir Ankia Jooste by 011 907 2922 vir besprekings. Kaartjies sal ook by die deur beskikbaar wees.

Related Articles

Back to top button