Local newsNews

Derde geslag CA

Francois van den Bergh volg in sy pa se voetspore wat 28 jaar gelede CA geword het en in 1987 in die tweede plek landwyd in dieselfde eksamen gekom het. Hy is nou die derde geslag Geoktrooieerde Rekenmeester (SA) - sy wyle oupa Prof Fred Nel, wat vir baie jare Ouditkunde by die destydse RAU doseer het.

ALBERTON- Die Van den Berg familie van Alberante is baie trots op die uitslae van hulle seun, Francois, wat sy eerste deel van die CA(SA) kwalifiserende eksamen met lof geslaag het.

Net 18 uit meer as 2 400 studente in Suid-Afrika kan met dié eer spog.

Hy volg daarmee in die voetspore van pa Francois, wat 28 jaar gelede dieselfde vermag, het en in 1987 in die tweede plek landwyd dieselfde eksamen geslaag het.

Jong Francois is nou die derde geslag Geoktrooieerde Rekenmeester (SA) – sy wyle oupa, prof Fred Nel, wat vir baie jare ouditkunde by die destydse RAU doseer het, sou voorwaar trots gewees het op die prestasie van die oud-Helpmekaar leerling, wat nou as leerlingrekenmeester by KPMG, in Johannesburg, werk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button