Local newsNews

Speelgroep bars uit sy nate

Sedert Ligstad in Januarie 2015 hulle speelgroep/kleuterskool geopen het, het dié deel van die Ligstad so vinnig gegroei dat die kwota van 20 kleuters aan die begin van Maart bereik is.

ALBERTON – “Die droom was om teen die einde van die jaar ‘n groepie van 20 kleuters van Alberton-Noord en die omliggende dele ingeskryf te hê, maar soos al dikwels bewys, het die Here beter en groter planne vir Ligstad,” sê Alida Jooste, maatskaplike werker en projekbestuurder van Ligstad.

Die gewoel by Ligstad word nou nie aan die sowat 70 kinders in die naskoolsentrum herken nie, maar dinge raak nou reeds van 06:30 bedrywig met die 20 kleuters wat by die Ligstadfamilie aangesluit het. Die naskoolsentrum het van 46 kinders aan die einde van 2014 gegroei tot die 70 wat in Januarie ingeskryf is en steeds daar is.

“Alle eer aan God, ons Voorsiener en Beskerming,” sê Alida. “Dit is hartseer om mense weg te wys wat hulle kinders wil inskryf. Ligstad besef dat die behoefte, om in hierdie area aan die ouers wat dit andersins moeilik sou kon bekostig, hul kinders die voorreg van ‘n speelgroep/ kleuterskool en ‘n naskoolsentrum te gee, groot is.

“Dit is ‘n voorreg om die gemeenskap van Alberton so te bedien en Ligstad bly individue, en ons wil instansies uitnooi om deel te raak van die Ligstadfamilie deur te kom help as vrywilligers of donateurs.”

Belangstellendes kan Alida kontak 079 693 3666 of Ligstad besoek op die hoek van Van Riebeecklaan en Gerrit Maritzstraat, Alberton-Noord.

Related Articles

Back to top button