Sonskyntak verower eerste plek met blomme kuns

Die Sonskyntak verwower eerste plek vir hulle blommerangskikkings by die VLU Goue Suide Distrikskonferensie.

ALBERTON- Die Sonskyntak het die eerste plek verwower vir hulle blommerangskikkings by die VLU Goue Suide Distrikskonferensie.

Voorsitter Mev Dini Jansen het Maandag, Maart 16, by die vergadering ‘n kort opsomming gegee van die gebeure by die Konferensie en die dames weer eens geluk gewens met hulle voortreflike werk.

Mevrou Laurette Arnott het ook ‘n demonstrasie gelewer en vir die dames riglyne gegee oor hoe om voortreflike kwiltwerke te maak vir die kompetisies wat voorlê. Dit was inderdaad prakties en behulpsaam. Die dames het baie vrae gehad wat sy met geduld en insig kon antwoord.

Ter afsluiting het die vroue vele humoristiese staaltjies vertel uit die lewe van Dini Jansen wat almal laat skater het.

Die Sonskyntak vergader in die oggend by die Verwoerdpark NG gemeente. As jy wil deel word van die groep, bel gerus vir Dini Jansen by 082 552 4683.

Exit mobile version