Local newsNews

Tot weersiens, Juffrou Nel

Laerskool Randhart en die familie en vriende van Mevrou Ria Nel verwerk nog die skok van haar skielike dood na 'n kort siekbed.

ALBERTON-Dit is met groot hartseer dat Laerskool Randhart van Mevrou Ria Nel afskeid neem na ‘n baie kort siekbed. Sy gaan baie gemis word deur haar kollegas, ouers die kinders en haar familie en vriende.

Mevrou Nel is sedert Januarie 1980 aan die skool verbonde, waar sy veral onthou sal word vir haar uitstekende werk in die Wiskunde Departement.

Sy was ook die afgelope 7½ jaar die Departementshoof Opvoedkundige Leiding, waar sy veral nou saamgewerk het met terapeute by ons skool. Hierdie hardwerkende en nederige mens se begrafnis was Maart 4 om 12:00 vanuit die NG Kerk Alberton-Suid.

Baie dankie vir ‘n ongelooflike loopbaan en die passie en toewyding aan ons kinders!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button