Local newsNews

Opwindende jaar wag op die VLU

Die Brackenhurst VLU het 'n nuwe komitee vir 2015 aangewys en lede vereer by die prysuitdeling.

ALBERTON- Die dames van die VLU Brackenhurst het op 4 Februarie besin oor 2014 se vele aktiwitiete en prestasies. Die jaar se aktiwiteite is deur die vorige voorsitter Maggie Enever opgesom en n nuwe kommitte met Mev S du Plooy as die voorsitter, is verkies.

Die VLU se tema vir 2015 is Lewensvreugde, volgens die HAT ‘n “toestand onderhewig aan verandering”.

Mev. Elize Dickson van die wildekastaiing aand tak het die vrouens aangemoedig om elke dag te kies om gelukkig te wees, al is dinge nie altyd so positief nie.

Die vise-voorsitter, Mev Barbara Steenkamp, het deelname aangemoedig aan die Clover bakkompetisie wat in Oktober by die nasionale kongres finaal beoordeel sal word. Die kompetisie is oop aan alle VLU dames en die prys is R10 000.

Die VLU dames se skeppings was op tafels in die saal uitgestal. Dit was inskrywings vir ‘n kompetisie waarvoor Natrent die pryse geborg het. Afdelings het bakwerk ingesluit waarin die dames ‘n rooibosteekoek moes bak, fotografie, handewerk en landbou. Vir die landbou-tema het sommige dames baie interessante vetplanttuintjies ontwerp.

Dit beloof om ‘n interessante jaar te wees vir die veelseidige dames.

Die dames ontmoet weer op 4 Maart en nooi nuwe dames uit om by hulle aan te sluit.

Vir meer inligting bel gerus vir Anita by 083 457 6332.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button