Dinamika wiskunde is tops

Na afloop van die 2014 matriekjaar het Hoërskool Dinamika se wiskunde leerders die beste presteer in die Ekurhuleni-Suid distrik.

ALBERTON – Dinamika se matrieks slaag daarin om ‘n gemiddeld van 61 persent te haal. Juffrou Elna Tomes, wat nou al vir 25 jaar by Dinamika is, is ook aangewys as die beste wiskunde onderwyser in die distrik.

Ander toekennings wat Dinamika verwerf het, is uit die meer as 11 000 matrieks wat in 2014 aan die eindeksamen deelgeneem het, eindig Bridget Wilson in die negende plek met ‘n gemiddeld van 91 persent.

Dinamika is trots op hulle personeel en leerders vir die harde werk wat hulle in 2014 gedoen het.

NEGENDE PLEK: Bridget Wilson.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version