ALBERTON – Hierdie skooltasse word aan behoeftige leerders geskenk sodat hulle op gelyke voet met hul maats die jaar kan afskop.
Skoolhoofde en hul kollegas het met groot dankbaarheid hierdie skooltasse ontvang en die tak bedank vir hul passie en entoesiasme om Afrikaanssprekende leerders te help.
Enige belangstellende persone wie graag tot Alberton tak se Skooltassie Projek wil bydra, is welkom om ‘n e-pos te stuur aan Shh.alberton@gmail.com of ‘n SMS te stuur aan: 083 457 8009.