NewsSchools

Laerskool Randhart betree die tegnologie era.

Die onderrig in Laerskool Randhart verander dramaties met innoverende tegnologie.

ALBERTON-Laerskool Randhart se graad 6 leerlinge is deel van ‘n proeflopie waarin hulle vanjaar tablette in die klaskamer gebruik.

Dit is die eerste Afrikaanse laerskool wat so ‘n projek infaseer oor ‘n tydperk van twee jaar. Van 2016 sal alle graad vier tot sewe leerlinge op die stelsel werk. Graad een tot drie leerlinge sal nie van die tegnologie gebruik maak nie vanweĂ« skryfvaardighede wat ingeskerp moet word.

Die leerlinge se ouers koop self die tablette, wat aan sekere maksimum vereistes moet voldoen. Op dié manier sal die leerlinge aangemoedig word om verantwoordlikheid te neem vir die rekenaars.

Die tablette is slegs ‘n hulpmiddel vir die onderwysers, en leerlinge skryf steeds in hul eie handskrif om te verseker dat skryfvaardighede nie verlore gaan nie. Die onderwyser maak notas op ‘n interaktiewe witbord in ‘n klaskamer met wifi en die inligting word dan op die tablette gestoor vir die kinders om na terug te verwys. Video’s en foto’s wat opgelaai kan word, stimuleer die visuele leerder.

Leerders het nie toegang tot enige sosiale media of die Internet op the tablette nie en bonodig ook nie Internet by die huis nie.

Al die graad 6 e-handboeke is op die tablette gelaai ,wat papier spaar en tasse heelwat ligter maak. Dit skep meer spasie in die klaskamers wat beweging vergemaklik en die ligter tasse verseker dat kinders nie in die langtermyn rugprobleme ontwikkel nie

Mnr. Michael Boucher, ‘n rekenaar-ingenieur, werk voltyds by die skool en het opleiding ontvang by IT Schools Innovation, die maatskappy wat die stelsel ontwerp het. Die onderwysers het ook al drie opleidingsessies bygewoon en is bevoeg om die kinders op te lei. Mnr Boucher is altyd beskikbaar vir hulp of verdere opleiding.

Die stelsel beskik oor talle opvoedkundige toepassings wat kinders kan help leer en skoolwerk meer interessant maak.

In 2016 word die stelsel van graad 4 tot 7 in gebruik geneem.

Related Articles

Back to top button