Local newsNews

Ligstad se speelgroepie open

Ligstad het aan die begin van die 2015 skoolkwartaal weer geopen na die Desember skoolvakansie met opwindende projekte wat deurlopend aan die gemeenskap gekommunikeer sal word.

ALBERTON – Een van die projekte is die opening van Ligstad se eie speelgroepie wat hulle beoog om deur die loop van die jaar te registreer as ā€˜n kleuterskool met die akkreditasie om graad R aan te bied. Daar is tans vier ingeskrewe speelgoepiemaatjies, en Ligstad hoop om dit te sien groei soos wat Ligstad se naskoolsentrum uit sy nate uit gegroei het.

Formele voorskoolse stimulering is ā€˜n noodsaaklikheid, maar baie ouers het nie die fondse om hulle kinders al voor die, binnekort verpligte, graad R na ā€˜n kleuterskool te stuur nie, sĆŖ Alida Jooste, maatskaplike werker en projekbestuurder van Ligstad. Ligstad se speelgroepie is die antwoord vir die ouers waarvan Alida praat.

Belangstellende ouers is welkom om Alida Jooste te skakel by 079 693 3666 om te hoor of hul kleuters kwalifiseer om by Ligstad se speelgroepie in te skakel en om verdere inligting ten opsigte van die kostes en ure te bekom.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button