Local newsLocal sportNewsSport

SA Junior Ringbalspeler van die jaar

Xina Eksteen, ‘n leerder van Laerskool Generaal Alberts, is aangewys as die Suid Afrikaanse Ringbalspeler van die jaar.

ALBERTON – Xina wat Ringbal speel vir Alberton se Ringbal klub is onlangs aanngewys as die top junior ringbalspeler van die jaar. Sy het meegeding teen ringbalspelers van regoor die land tussen die ouderdomme van 11 en 16.

Sy speel vir die afgelope drie jaar ringbal en is voorgestel aan die sport deur een van haar bure.

Sy vertel dat Cindy Basson een van haar rolmodelle is en dat sy dankbaar is dat sy haar aan ringbal voorgestel het.

Xina het baie goed weggespring, en na net drie maande vandat sy begin ringbal speel het, is sy gekies vir die o.11 SA Ringbalspan.

Na slegs drie maande van ringbal speel, is sy gekies vir die o.11 SA span.

Sy is nie net die beste junior ringbalspeler in Suid-Afika nie, maar spog ook as hoofmeisie van Laerskool Generaal Alberts, en is ook aangewys as hul Dux Leerder van die jaar. Volgende jaar begin sy haar hoërskoolloopbaan by Marais Viljoen.

Related Articles

Back to top button