Erfenisdag by sirkelbegraafplaas

Die Alberton Erfenisvereniging nooi alle belangstellendes uit om op Erfenisdag ‘n geleentheid te kom bywoon.

ALBERTON – Op September 24 sal die Alberton Erfenisvereniging die name van die pioniers wat in die twee begraafplase op die hoek van Negendelaan en Hendrik Potgieterstraat begrawe is, onthul.

Die Erfenisvereniging het, met groot agting vir hierdie pioniers en hulle families wat Alberton gestig, hier geleef, gewerk en gesterf het, die sirkelvormige begraafplaas (die sogenaamde verkeersirkel) en die aangrensende erf skoongemaak en opgeknap.

Die twee terreine was die eerste plaaskerkhof van die plaas Elandsfontein, waar Alberton ontstaan het, asook die eerste dorpsbegraafplaas.

Daar sal ’n insiggewende praatjie oor die agtergrond van beide begraafplase wees, ’n kransleggingseremonie en die uitlees van die name van die mense wat daar begrawe is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version