Local newsNews

Lente feesvieringe by Mary Geldenhuys Klub

Die Mary Geldenhuys Klub vir Inwoners van Alberton Tuiste vir Bejaardes bestaan al 30 jaar, hulle hou elke eerste Donderdag van die maand ‘n funksie.

ALBERTON – Die lede het op 4 September lentedag gevier by die klub. Inwoners het die eer gehad om Mathys Roets te verwelkom as gaskunstenaar. Hy het pragtige liedjies gesing het en kitaar gespeel.

Heerlike versnaperinge is voorsien deur die Nederduitse Hervormde Kerk Alberton Wes.

Inwoners het deelgeneem aan ‘n fantasiekostuum-kompetisie en die wenners was: Eerste – Mev Theresa Roos, as Tannie Stienie van Agter elke man aangetrek het. Mev Anna Smit het tweede plek behaal, en sy het haar uitrusting Die Groen Dame gedoop. Mej Jeanetta Smith was die “Lady in Red” vir die dag en het vir haar die derde plek behaal.

Die klub wil graag aan ds. William Harmse en die gemeente dankie sê vir die heerlike eetgoed wat hul voorsien het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button