Alberton HistoryFeaturesLifestyleLocal newsNews

Trotse inwoners van Alberton Aftree-Oord deel hul geskiedenis

Mev Jonk is ‘n trotse inwoner van Alberton en sê sy en haar man is baie gelukkig waar hulle is.

ALBERTON – Mev Jonk woon in die Alberton Aftree-Oord in Alberton Noord saam met haar man. Sy is al 19 jaar woonagtig in die oord, en haar man het toe hul getrou het ook in die Oord kom woon.

Die REKORD het onlang die voorreg gehad om met haar te gesels oor haar jare in Alberton. Sy het saam met haar oorlede man ook ander dele van ons land gesien en bewoon.

Haar bande met Alberton gaan so ver terug as 1925, toe haar grootouers in Negende Laan gewoon het.

Sy vertel van dae toe daar twee verskillende busdienste beskikbaar was in Alberton, die Munsipale busse en spoorwegbusse. ‘n Tyd van min huise en net ‘n paar besighede.

Sy het ook vertel van ‘n ongeluk wat haar oorlede man, Mnr J. Pretorius, gehad het terwyl hy by die brandweer in Alberton gewerk het.

In 1957 was daar ses mense wat Alberton se brandweer beman het. Op 2 April is hul uitgeroep na ‘n brand en tydens ‘n botsing het die brandweerwa omgeval op sy linkersy. Mnr Pretorius en Mnr A Steenkamp het aan die kant van die wa gestaan. Mr Steenkamp het weggespring en sy arm gebreek, maar Mnr Pretorius was nie so gelukkig nie.

“Dr. Moller is ontbied en het bevind dat Mnr. Pretorius nie sy bene kon beweeg nie. Hy is na die Germiston Hospitaal geneem en ‘n week daarna oorgeplaas na Colin Gordon Inrigting in Johannesburg. Hy is daarna van sy nek tot bokant sy bene in gips geplaas,” onthou Mev Jonk.

Mr Pretorius het herstel na sy ongeluk.

Voordat sy saam met haar man in die woonstel ingetrek het, het sy in een van die vriendskapshuise in die oord gewoon. Sy het haar tyd in die vriendskapshuis vreeslik geniet omdat dit gesellig was.

Related Articles

Back to top button