Local newsNews

Springbok kleinkinders

Elke ouma en oupa wil spog met hul kleinkinders, maar Hantie en Thomas Dreyer màg maar spog met hul kleinkinders wat Springbokkleure in hul keuse van sport behaal het.

ALBERTON – Alberton inwoners is trots op hul Springbok kleinkinders.

Elke ouma en oupa wil spog met hul kleinkinders, maar Hantie en Thomas Dreyer màg maar spog met hul kleinkinders wat Springbokkleure in hul keuse van sport behaal het.

Hul kleinkind, Corniel Els, is ‘n rugby haker vir die o.20 Junior Springbokspan. Hierdie span het ook in New Zeeland gespeel in 2014 en Jolandi Els het die Junior Springbokspan vir swem behaal; hierdie span het in 2013 deelgeneem in Dubai.

Hantie en Thomas is 44 jaar woonagtig in Alberton, en woon tans in Meyersdal.

Hantie het vir baie jare skool gegee by Hoërskool Alberton en is baie betrokke in die gemeenskap. Sy is betrokke by vele gemeeskapsgroepe van Alberton, onder meer die VLU, Alberton Dames Klub en die Bracken Blomme Klub.

Die Dreyer’s is vir die afgelope 15 jaar afgetree.

Related Articles

Back to top button