Local newsNews

VLU bespreek die voël van die jaar

Die VLU Sonskyntak het die voorreg gehad om Dries Herbst as spreker by hul onlangse vergadering te verwelkom, waar hul onder andere die voël van die jaar bespreek het.

ALBERTON – Dries het interessante feite met hul kom deel oor die VLU se voël van die jaar. Hierdie jaar het die VLU die Tristangrootalbatros as hul voël van die jaar geskies.

Dries het die lede van die VLU tak meer inligting gegee oor die Trastangrootalbetros, en lede het na die tyd vir Dries vrae gevra oor ander voëlsoorte. Die lede het ook die kans gekry om interessante inligting met mekaar te deel.

Grety Myburgh het ‘n brei-demonstrasie by die vergadering gelewer waar lede geleer het om “Broomstick lace” te hekel.

Diegene wat betrokke wil raak by die VLU, kan Rosa von Rischbiel kontak op asor@telkomsa.net

Die lede van die VLU wil ook graag hul getroue lid, Sannie Marais, groet na haar afsterwe verlede maand. “Sy het altyd die mooiste afsluitingsgedagtes by die vergaderings gelewer,” vertel een van die lede. Die dames van die VLU Sonskyn-tak sal haar baie mis.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button