Editor's noteLocal newsNews

Tuiste vir bejaardes word 40

Alberton se tuiste vir bejaardes het hierdie jaar 40 jaar oud geword. Die bestuur verduidelik dat hul reg is om die hele jaar lank verjaarsdag te vier deur middel van verskillende projekte.

ALBERTON – Die tuiste beplan om as deel van die verjaarsdagvieringe vir die tuiste ’n nuwe voorkoms te gee.

“Die uitleg van die gebou voel agterstevoor, omdat besoekers deur die tuiste moet loop om by die kantore te kom. Ons sal graag die kantore voorentoe wil skuif,” vertel Salomi Niemann.

Verder beplan hulle om twee nuwe luukse eenhede aan te bou. Die luukse eendhede word beskryf as ‘n “penthouse” en ‘n “studio”. Die penthouse-eenheid sal sy eie badkamer en sitkamer hê, en die studio-eenheid is ‘n kamer met ‘n badkamer.

Die swakkeversorgingsgeriewe se eetsaal sal vergroot word. Daar sal ook meer toilette naby die ontspanningsaal gebou word, om die ontspanningsarea so gerieflik as moontlik te maak vir die inwoners en hul gaste. Hul sal dus ook ‘n plek wil voorsien waar die inwoners saam met hul gaste koffie en ‘n klein verversing kan geniet.

“Ons gaan al ons funksies groter maak hierdie jaar,” verduidelik die bestuur. Een van hierdie funksies sal ‘n basaar insluit wat later die jaar gaan plaasvind.

Die hele bouprojek word deur middel van donasies gedoen. Daar is al dienste en fondse geskenk aan die tuiste, maar hulle vra dat enigeen wat ‘n donasie wil maak hulle kan kontak.

Die projek word gedryf deur die beheerraad. “Ons is baie dankbaar vir die beheerraad en vir Martin Wolmerans wat help om die projek ‘n realiteit te maak,” het Salomi bygevoeg.

‘n Bedrag van R100 000 is onlangs geskenk deur die Alberton REKORD Upliftment fund. Hierdie donasie sal ook deelmaak van die opgradering van die tuiste.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button