Local newsNews

Tuiste vir Bejaardes kry ‘n skenking

Die Tuiste word volgende jaar opgegradeer.

ALBERTON Tuiste vir Bejaardes in Raceview het ‘n skenking van R10 000 van Alberton Aftree-Oord op 24 Julie gekry.

Salomi Niemann het geopen met ‘n verwelkoming aan almal. Bella de Wet het ‘n gebed gedoen. Johan Schoeman, voorsitter van Alberton Aftree-Oord, het ‘n koevert aan die Tuiste vir Bejaardes oorhandig. Hy het vertel dat sy ma een van die eerste inwoners was van die ouetehuis wat in 1974 gestig is, en sy vrou is tans ‘n inwoner.

Bella het gepraat oor die beginstadiums van die ouetehuis. Die plek het skoon en netjies gebly en selfs na ‘n aantal generasies steeds in ‘n goeie toestand verkeer. Die fasiliteit sal volgende jaar ‘n opgegradeer word.

Salomi het Martin Wolmarans bedank omdat hy die projek in die regte rigting gestuur het.

Het jy geweet dat die Alberton Tuiste vir Bejaardes vanjaar 40 jaar oud is? Dit is in April 1974 gestig.

Op 22 Augustus sal daar ‘n deftige funksie in die Brackenhurst Kerk plaasvind, Vers en Klank, met ‘n optrede van die Mannekoor. Kaartjies kos R150 per persoon. Vir meer inligting kontak Piet Klut 073 021 5465.

Related Articles

Back to top button