Solidariteit se kuierdag met vermaak

Solidariteit Helpende Hand Alberton nooi die gemeenskap uit na 'n uitreik-kuierdag.

ALBERTON – Helpende Hand Alberton gaan Saterdag, 26 Julie op gesellige wyse met musiek en vermaak uitreik na die minderbevoorregte Afrikaanssprekende gemeenskap van Alberton.

“Die idee is dat minderbevoorregte Afrikaanssprekende mense ‘n gratis, gesellige en ontspanne kuierdag sal geniet sonder enige bekommernisse,” sê Judi Muller, voorsitter van die Helpende Hand Alberton-tak.

Die dag sal aansluit by die Helpende Hand-tak se visie deurdat opleiding by die kunsmarkstalletjie waar elkeen gratis sy of haar eie krale vir ‘n armband en hangertjie kan inryg.

Muller vertel dat Helpende Hand in samewerking met welsyn- en omgee-organisasies hul inligting en kontakpersone aan die gemeenskap bekend sal stel by die onderskeie stalletjies. “Minderbevoorregte mense moet weet waar om vir hulp aan te klop,” sê sy.

Daar sal ook by die wit olifant verkoping geskenkte, items en goedere beskikbaar gestel word teen spotgoedkoop pryse. “Skenkings en hulp van enige aard sal baie waardeer word. Ons vra dat elkeen wat ‘n passie vir omgee en liefdadigheid het hierdie projek sal ondersteun,” sê Muller.

Die uitreik-kuierdag vind op Saterdag 26 Julie by die Ligstad Gemeenskapsaal, Alberton-Noord (hoek van Van Riebeecklaan en Gerrit Martizstraat plaas. Die verigtinge begin om 9:00 en duur tot 15:00.

Vir meer inligting en om te bespreek stuur e-pos aan Judi Muller by ssh.alberton@gmail.com of bel 083 454 7326.

Exit mobile version