Local newsNews

Mannekoorfees in Brackenhurst

Manlike samesang is by die N G Kerk gevier.

DIE Alberton mannekoor het ‘n tyd gelede met die tradisie begin en op Sondag 22 Junie was dit hul tiende manlike stemfees met verskeie kore.

Kore van Pretoria, Heidelberg en Potchefstroom het opgetree. Vanjaar vir die eerste keer was daar ‘n swart mannegroep van Zola Metodiste kerk.

Volgens Bennie Bierman, koorleier van die Alberton koor, was die fokus vanjaar op koorleiers in Suid-Afrika wat ‘n verskil gemaak het.

Twee mans is vereer: Philip McLaclan, stigter van die Universiteit van Stellenbosch-koor, en Khabi Mngoma, stigter van die Departement Musiek van die Universiteit van Zululand in 1975.

Khabi beoordeel saam met Bennie in die Departement van Nasionale Opvoeding om waardige kandidate te vind wat oorsee gestuur kan word.

Bennie het hom jare gelede genooi om deel te neem as ‘n beoordelaar by die SABC musiekprys wedstryd.

Het jy geweet? Khabi is die vader van die bekende sanger, Sibongile Khumalo.

Gallery to follow…

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button