Local newsNews

Sunter bespreek SA se toekomsmoontlikhede

Die Alberton Dames Klub het ‘n besoek van Clem Sunter onlangs geniet.

ALBERTON – Mr Sunter het al 17 boeke geskryf. Op hierdie oomblik is daar twee belangstellings wat na aan sy hart lê: om ‘n nuwe generasie van entrepreneurs in Suid Afrika te sien floreer, asook om te sien hoe die private mediese sektor ‘n positiewe deelname maak in die stryd teen HIV/Vigs.

Mr Sunter het die dames kom toespreek oor sy werk in senario-beplanning. Hy verduidelik senario-beplanning as stories wat geskryf word om moontlike werklikhede voor te stel.

Hy het oor Suid Afrika se toekoms gepraat en die moontlike werklikhede wat vir ons kan voorlê. Hy het verduidelik dat die rede hoekom senario beplanning belangrik is, is omdat dit ons kan wys maak oor watter stappe om te neem om die negatiewe werklikhede te voorkom. Hy het ook verduidelik dat Suid Afrika entrepreneurs moet aanmoedig, want hulle kan ‘n groot positiewe impak op ons land hê.

Mr Sunter het vermaak en stimulasie verskaf, nie net vir die dames van die klub nie maar ook vir die eggenote wat saamgenooi was vir die oggend.

Related Articles

Back to top button