Bejaardesorg ‘n prioriteit by Ligstad

Daar is ook ‘n behoefte om dit vir sommige bejaardes vir tuis versorging wat beteken dat Ligstad beslis meer as een vrywilliger benodig.

ALBERTON NOORD – By Ligstad word die bejaardes van die gemeenskap van Alberton-Noord en die onmiddellike omgewing fisiek en emosioneel versorg. Een van die waardevolle dienste wat aan die bejaardes gelewer word, staan op die oomblik stil as gevolg van die gebrek aan vrywilligers.

Almal van ons neem die vermoë om ons eie toonnaels te versorg so dikwels as vanselfsprekend aan, en vergeet dat dit ‘n takie is wat ons nie meer kan doen as ons ouer is nie. Dit is een van die takies waarmee Ligstad se vrywilligers die bejaardes op afspraak- en donasiebasis help.

Tot einde 2013 het Ligstad ‘n vrywilliger gehad wat elke Maandagoggend die onselfsugtige diens gelewer het. Sy het egter voltyds begin werk, en Ligstad kon nog nie daarin slaag om ‘n nuwe vrywilliger(s) te kry om hierdie onbaatsugtige diens aan hul bejaardes te lewer nie. Daar is ook ‘n behoefte om dit vir sommige bejaardes aan huis te gaan doen, wat beteken dat Ligstad beslis meer as een vrywilliger benodig.

Indien daar mense is wat bereid is om Ligstad met die diens te help kan hulle Alida Jooste by 079 693 3666 skakel of Ligstad op die hoek van Van Riebeecklaan en Gerrit Maritzstraat, Alberton-Noord, kom besoek om hulself te vergewis van die werk wat deur Ligstad gedoen word.

Exit mobile version