Editor's noteLocal newsNews

Ringtennis-staatmaker oorlede

Fanie Fouché se afwesigheid by Alberton ringtennis sal gemis word,

ALBERTON – Met die skielike afsterwe van Fanie Fouché het Alberton-ringtennis ‘n groot staatmaker verloor.

Fanie het saam met sy oorlede vrou Alberton Ringtennisklub in 1982 weer op die been gebring het. Sy afwesigheid by Alberton ringtennis sal gemis word, aangesien hy deurentyd aktief by geleenthede by die klub betrokke was.

“Hy het ons nog gehelp met die PA-stelsel en vleisbraai tydens die Duitse wêreldbekerspan se besoek aan Alberton,” het Abrie Pienaar, Albertonvoorsitter en oud-president van die SA Ringtennisraad, gesê.

Fanie laat sy kinders Stephan, Niel en Connie, en aktiewe lede van die klub agter.

Wyle Fanie se begrafnisdiens het in die Hervormde Kerk in Germiston plaasgevind. Hy was 57 jaar vier maande en twee weke oud tydens sy afsterwe, wat ‘n groot leemte laat in die Fouché-familie en binne die Alberton ringtennisgemeenskap.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button