NewsSchool sportSchoolsSport

Laerskool Randhart se leerders blink uit

Laerskool Randhart spog met leerders wat presteer op veskillende sportgebiede.

ALBERTON: Laerskool Randhart is trots op Darius Nel (o.12), Divan Botes (o.13), Wian Naudé (o.12), Byron Marx (o.12) en Leander Lubbe (o.13) wat gekies is om die Goue Leeus te verteenwoordig in hul verskeie ouderdomsgroepe.

Deané Hattingh en Shenica Smit is twee leerders van Laerskool Randhart wat die Provinsiale Span gaan verteenwoordig in die o.12 afdeling vir Netbal. Ons is opreg trots op hulle en weet hulle sal Randhart se naam hoog hou.

Elizma Schöltz van Laerskool Randhart het een van haar doelwitte bereik toe sy gekies is om Gauteng te verteenwoordig met hokkie. Ons weet dat sy hard gewerk het, en glo sy sal Gauteng met soveel ywer verteenwoordig soos sy Laerskool Randhart verteenwoordig.

Related Articles

Back to top button