Local newsNews

Pienkvoet-Pret vereer mammas

Die moeders van ’n mamma en baba stimuleringsgroepie, Pienkvoet-Pret, is op Saterdag Mei 10 met 'n piekniek bederf. Pienkvoet-Pret is 'n mamma en baba stimuleringsgroepie wat onlangs in die Brackendowns-omgewing geopen het.

ALBERTON: Pienkvoet-Pret se klasse word in vier ouderdomsgoepe verdeel: drie tot ses maande, sewe tot 12 maande, 13 tot 21 maande en 22 tot 36 maande. Volgens Marezelda Combrinck, die eienaar, streef hulle “nie net om kinders te stimuleer nie, maar ook om ‘n spesiale tyd te skep waartydens mamma en baba al spelende nader aan mekaar groei”.

Die klasse bied die geleentheid om verhoudings te versterk en ‘n kans vir sosialisering, nie net vir ma en kind nie, maar vir kinders in hul eie ouderdomsgroep. Klasse is gewoonlik ‘n uur en ‘n half lank en mammas kan na die klas verversings geniet, wat dan ook die kans bied vir ‘n ondersteuningsnetwerk tussen ma’s.

Die aktiwiteite wat tydens klasse aangebied word, raak aan vele gedeeltes van kinders se ontwikkeling, en is ouderdomsgepas. Kinders sal deelneem aan o.a. kuns-, mors-, musiek- en bewegingsaktiwiteite. Daar word babamassering vir babas in die drie tot ses maande ouderdomsgroep aangebied. Hul het ook elke maand ‘n kundige spreker wat met die mammas kom kennis deel.

Eienaar Marezelda nooi enigeen om saam te kom speel, mors, kruip, klim, klouter, voel en vat. Die eerste klas is gratis en diegene wat belangstel kan haar kontak op 084 800 0462 of alberton@pienkvoetpret.co.za

Related Articles

Back to top button