Ds. Frans Joubert kuier by die Alberton Damesklub

Op 8 Mei het Alberton se Damesklub hul maandelikse vergadering gehou. Hierdie maand het hul die herfs verwelkom, hul tafels was met herfskleure versier.

ALBERTON – Die bestuur van die Damesklub streef daarin om sprekers te nooi wat vermaak bied vir hul lede, sowel as sprekers wat oor dieper onderwerpe kan kom praat.

Hierdie maand se spreker was Ds. Frans Joubert. Ds. Joubert het die waarheid van die Bybel met die dames kom bespreek. Hy maak gebruik van die Bybelwiel, ‘n konsep wat hy ontwikkel het, om te bewys dat die Bybel wel ‘n ware en volmaakte eenheid is.

Die Damesklub kom een keer ‘n maand bymekaar en hul verwelkom enigeen wat wil saamkuier. Hul volgende vergadering is op 12 Junie, wanneer Clem Sunter, ‘n bekende skrywer, hul gasspreker sal wees.

Vir meer inligting oor hul volgende vergdering, bel dr. Trix van der Walt by 083 449 5446 of 011 867 4338.

Exit mobile version