Emmanuel groep vier tiende verjaardag

Die Emmanuel groep het hul tiende verjaarsdag gevier saam met Pierre du Toit.

Die Emmanuel groep by ALS (Alberton LewenSentrum) het hul tiende verjaardag op 20 Maart gevier.

Pierre du Preez, sanger en kunstenaar, het hierdie heuglike oggend verder vir die lede kom inkleur. Hy het liedere uit die verre verlede gesing wat almal se hartsnare geroer het.

Die tafels het pragtig gelyk en dit was werlik ‘n vreugdevolle en vrolike oggend van feesvier.

Die Emmanuel groep van die Oosrand, wat gelei word deur pastoor Gys Vermeulen, was die gaste van die oggend.

Graag bedank die lede vir OK Grocer in Jacqueline Mall, wat elke jaar vir die Emmanuel groep die pragtige en heerlike koek skenk.

Emmanuel groep Alberton LewenSentrum is ‘n interkerklike groep. Indien u meer inligting verlang, skakel gerus vir Marelie Rabie by 011 864 1285 weeksdae van 09:00 tot 20:00.

Exit mobile version