Local newsNews

Najaarsrose onthaal Dienssentrum-inwoners

Bejaardes in Louis Trichardtstraat, Alberton-Noord was onthul deur Herformde Kerk lede.

Die Najaarsrose van die Hervormde Kerk in Tweedelaan het die voorreg gehad om op Dinsdag 11 Maart tydens die maandelikse byeenkoms die inwoners van die Alberton-dienssentrum vir Bejaardes in Louis Trichardtstraat, Alberton-Noord te onthaal.

Die uitnodiging aan die dienssentrum is deel van die gemeente se uitreikaksie om mense en instansies by te staan en te wys dat die sentrum vir ander mense in die gemeenskap omgee.

Dié aksie het in Maart 2013 afgeskop toe gemeentelede in groepe van 16 verskillende instansies besoek het en ook self ingespring het om ontspanningsterreine in die dorp op te ruim en vir almal ’n aangenamer omgewing te skep.

Aan die einde van die projek het die gemeente drie instansies geïdentifiseer om deurlopend by te staan, waaronder die Alberton-dienssentrum vir Bejaardes.

Sedert die omgee-aksie begin het, is dit die vierde keer dat die dienssentrum òf deur lidmate van die gemeente besoek is òf genooi is om ’n geleentheid by die kerkkompleks by te woon.

Die inwoners van die dienssentrum wat die geleentheid op 11 Maart kon bywoon, is met groot liefde en deernis ontvang en onthaal. Afgesien van ’n heerlike ete het elkeen onder meer ’n boekmerk ontvang.

Almal is getrakteer op sang deur ’n ou bekende in Alberton, Yoti die Griekse Boertjie. Hy het spesiaal van die gaste melding gemaak en by sommige van sy liedjies hulle deel van sy vertoning gemaak.

Die Hervormde Gemeente Alberton en die Najaarsrose hoop om in die toekoms die vriendskap met die dienssentrum verder te versterk en deel van sy omgee-in-aksie te maak.

Related Articles

Back to top button