Musiekfees nooi Cantare Kinderkoor

Die Cantare Koorlede gaan by die Drakensville ATKV-oord tuis en die kinders gaan by die MIMS Musiekfees deelneem.

Die Cantare Kinderkoor is genooi om op 2 Mei by die MIMS fees (Music in the Mountains Festival) op te tree.

Die fees word jaarliks deur die Drakensberg Seunskoor aangebied en bekende gaskunstenaars word ook genooi om aan die fees deel te neem.

Die Cantare Koorlede gaan by die Drakensville ATKV-oord tuis, en die kinders gaan daar deelneem aan verskeie opvoedkundige aktiwiteite. Rotskuns en ‘n besoek aan ‘n program, waar hulle meer oor roofvoëls (Birds of Prey) leer, is onder meer op die program.

Die koor het ‘n klompie minderbevoorregte koorlede, vir wie daar dringend gesoek word na fondse om die toer mee te maak. Die koororganisasie is geregistreer as “NGO” en “PBO”, en kan aan individue en besighede van die nodige dokumentasie voorsien waar skenkings gemaak word.

Indien daar enige weldoeners is wat ons kan bystaan om vir kinders ‘n geleentheid te gee om die toer mee te maak kan meer inligting op die webwerf verkry word: www.cantare.org.za of skakel 073 232 0941 vir meer besonderhede.

Exit mobile version