‘n Uitdaging aan die jeug

'n Jeuggroep het 'n "neknomination" oorgedra om roomys vir mense uit te deel.

NG Alberton-Suid gemeente se jeuggroep, bekend as #ICONjeug, is genomineer deur Stellenberg NG gemeente in Kaapstad.

Hulle wou anders wees deur nie net ‘n “random act of kindness” uit te voer nie maar ook pret te versprei.

Die jeug het by Meyersdal Sentrum bymekaar gekom en by Steers roomyse gekoop en dit op die ingewing van die oomblik op 20 Februarie uitgedeel. Hulle het die tannies wat uit Spar gekom het ‘n roomys aangebied en dan hul trollies kar toe gestoot of pakkies by hul gevat en ingeruil vir ‘n roomys.

Hulle het die winkels in die area ook gehelp. Die een restaurant het na die tyd vir die jeug ‘n brief gegee waarin hulle die jonges bedank vir die “random act of kindness” en dit wys hulle net dat daar steeds mense is wat omgee.

Die groep sal nou ook iemand nomineer. Die video en foto’s sal binnekort op hul Facebook-blad beskikbaar wees.

Exit mobile version