Local newsNews

Emmanuel-harte gesteel deur Louis-John

Emmanuel Groep Alberton het vergader op 20 Februarie by die Lewensentrum.

Emmanuel Groep het ‘n genotvolle oggend saam met Louis-John op 20 Februarie by Alberton LewenSentrum beleef.

Hy is ‘n veelsydige kunstenaar en welbekend vir sy klassieke stem.

Die minute het behoorlik verby gevlieg, toe Louis-John sy verrassingspakkie of sê liewer, sy fynproewerspakkie met ons kom deel het.

Hy sing hedendaagse liedjies en dan ook gunstelinge soos Danny Boy. Hy werk tans baie hard aan ‘n produksie, Pat Boone Classics.

Hy het ‘n groot passie vir ouer mense en het dit ook bewys tydens sy optrede. Hy werk baie nou saam met “Help Seniors”.

Dir was werklik ‘n belewenis met die afsluiting met O Heer my God. Dit was ‘n voorreg om die oggend te kon meemaak met so ‘n dinamiese kunstenaar.

Vir meer inligting oor Louis-John kontak gerus 082 839 7398 of stuur e-pos aan info@louisjohn.co.za.

Emmanuel is ‘n interkerklike beweging by Alberton LewenSentrum. Vir meer inligting kontak Marelie Rabie 082 462 8676 of 011 864 1285.

Related Articles

Back to top button