Gedigtewerkswinkel vir leerders

Die ATKV en JIP bied vanjaar tydens die US Woordfees vir die eerste keer 'n kreatiewe en interaktiewe gedigtewerkswinkel vir hoërskoolleerders aan.

Die ATKV en JIP bied vanjaar tydens die US Woordfees vir die eerste keer ‘n kreatiewe en interaktiewe gedigtewerkswinkel vir hoërskoolleerders aan.

Dit vind plaas op 14 en 15 Maart. Die aanbieder is Bibi Slippers, en die sprekers is die digters Danie Marais en Alfred Schafer en die rocker Hunter Kennedy. Hester Carstens sal vanuit ‘n uitgewersperspektief oor digkuns praat.

Die program sluit besprekings van gedigte in, asook praktiese skryfoefeninge, gesprekke oor alternatiewe publikasiegeleenthede (soos die internet, performance poetry, video-digkuns en liedjies) en minstens tien praktiese wenke om jou digkuns te verbeter.

Inskrywingsgeld beloop R200 per leerder, wat kursusmateriaal en ligte verversings insluit. Inskrywings sluit Woensdag 26 Februarie.

Die inskrywingsvorm en bankbesonderhede is beskikbaar by www.atkv.org.za. Klik dan op die skakel ATKV/JIP-Gedigtekompetisie.

Exit mobile version