Local newsNews

Jaarbeplannings vergadering vir VLU

Die VLU dames het hul eerste vergadering van die jaar geniet terwyl hulle die res van die jaar beplan het.

VLU (Vroue Landbou Unie) Brackenhurst-tak het vir die eerste keer vanjaar vergader met ‘n klomp trofees wat op 5 Februarie oorhandig is.

Die dames het terselfdertyd genoem dat hulle vanjaar hul 30ste bestaansjaar vier. Die jaar is voluit beplan met die dames wat ook nuwe lede en gaste voorgestel het.

Die tafels was mooi versier en almal het verversings geniet terwyl die dames gesels en gekuier het. Die vorige jaar se sprekers en temas is bespreek terwyl almal vir hul deelname in 2013 bedank is.

Die dames wie verjaarsdae gevier het, was Magriet Coetzee, Lorraine Theron, Marlene van der Walt, Elsa Cronje en Barbara van Jaarsveld.

Die volgende vergadering vind op 5 Maart om 09:00 by die NG Kerk Brackenhurst plaas. Kontak Anita 083 457 6332 vir meer inligting.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button