Local newsNews

Vyftig jaar gevier en steeds gelukkig

Robbie en Lenie het op 1 Februarie 1964 in Edenvale in die huwelik getree.

ALBERTON – Robbie wie in 1952 uit Holland en as ‘n 12-jarige seuntjie in Suid-Afrika aangekom het, het vir Lenie by ‘n handelsbank ontmoet op 13 April 1959.

Hulle het op 1 Februarie 1964 in Edenvale in die huwelik getree. Die strooijonker, sy broer Ernst Schmidt, en strooimeisie, Joyce Barnard (nou Henning) en niggie van Lenie, was ook op hul 50ste huweliksherdenking.

Die egpaar bly al sedert 1 Julie 1968 in dieselfde huis in Randhart, Alberton. Twee kinders is uit die huwelik gebore en daar is ook twee kleinkinders, waarvan die een laas jaar matriek geslaag het.

Lenie doen baie handewerk en is nou betrokke by vlooimarkte, terwyl Robbie daagliks besig is met seëls. Hy het in 1979 aangesluit by die Alberton Filatelie Klub aan die Oosrand.

Hy is ook die verteenwoordiger van ZUMAT (Zululand Mission Air Transport) beter bekend as die “Vlieënde Dokter” en versamel seëls van oor die hele Gauteng; van hulle word verkoop op veilings en die opbrengs daarvan word aangewend vir die opleiding van dokters in die plattelandse streke van Natal.

Mense wat met seëls kan help, kan hom bel by 083 326 5697.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button