Terug skool toe is ‘n plesier by Macy’s Spar

Macy’s Spar het onlangs 'n groep leerders van Laerskool Randhart gehelp om hul jaar op 'n positiewe noot te begin.

Macy’s Spar in Randhart Alberton verstaan al die opwinding wat gepaard gaan met die koop van skryfbehoeftes aan die begin van elke nuwe skooljaar.

Macy’s Spar het onlangs ‘n groep leerders van Laerskool Randhart gehelp om hul jaar op ‘n positiewe noot te begin deur ‘n donasie van vooraf verpakte skryfbehoeftes aan vyf leerders in graad twee en vyf leerders in graad drie te skenk.

Die winkel verkoop stelle vooraf verpakte skryfbehoeftes wat leerders van graad twee tot sewe sal toerus met al die noodsaaklike terug-skooltoe skryfbehoeftes wat hulle nodig het.

Behalwe dat Macy’s Spar kan voorsien in al jou daaglikse noodsaaklike benodigdhede kan kliënte nou ook heerlike vooraf verpakte skoolkosblikpakkies vir skoliere koop teen ‘n ongelooflike prys van net R14.99. Hierdie ete voorsien aan kinders alles wat hulle nodig het om die jaar met ‘n hupstoot te begin.

Exit mobile version