Local newsNews

Die Regte soort prestasie

'n Alberton meisie het goed presteer met haar B.com regte.

Charlene Lerm studeer tans B.com Regte aan die Noordwes Universiteit se Vanderbijlpark kampus.

Sy is nou in haar derde jaar en het in haar tweede jaar in 2013 in haar eindeksamen 10 onderskeidings uit haar 12 vakke behaal.

Die vakke waarin Charlene onderskeidings behaal het, is:

1. Makro Ekonomie

2. Mikro Ekonomie

3. Inheemse Privaatreg

4. Regsvaardighede

5. Kriminele Reg – Algemene Beginsel

6. Kriminele Prosedure in die eerste en tweede semester

7. Entrerepeneursreg

8. Kriminele Reg – Spesifieke misdade

9. Staatsreg

10. Kriminele Prosedure

“Ek is baie trots op haar. Haar harde werk en goeie deursettingsvermoë het beslis tot haar voordeel gestrek,” sê haar ouma, Hester Smith.

Related Articles

Back to top button