Uitnodiging na Theophositc Prayer Minsitry se inleidings dag

Alberton-tak by Ligstad wil u graag uitnooi na ‘n inleidingsdag vir die beoogde opleiding wat in 2014 gaan plaasvind

Inleidingsdag sal op 8 Februarie by Ligstad Gemeenskap Sentrum, h/v Gerrit Maritz- en Van Riebeeckstraat, Alberton-Noord oorkant Alberton Hardware van 08:30 tot 11:00 plaasvind.

Alberton-tak by Ligstad wil u graag uitnooi na ‘n inleidingsdag vir die beoogde opleiding wat in 2014 gaan plaasvind. Die kursus behels ‘n inleidingsdag waarin die breë beginsels van TPM aan die potensiële student verduidelik word.

Aan die einde van hierdie dag behoort die kursusganger ingelig te wees waaroor TPM gaan en ‘n ingeligte besluit kan neem om die 20 week kursus by te woon of nie.

Kortliks bestaan TPM uit gebedsterapie waar die fasiliteerder deur doelgerigte gebed die ontvanger begelei om die oorspronge van pynlike emosies te bepaal en waarheid van Jesus te ontvang.

Vir meer inligting besoek TPM se webwerf by www.theophosticprayerministry.com. Skakel Trudie 082 462 8675 of Alida 079 693 3666 vir meer inligting of om ‘n afspraak te maak of om te RSVP.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version