VLU begin die jaar met flair

VLU het vir die eerste keer vergader met rooi blomme, hoodjies of vere wat by die gedig vir die dag gepas het.

BRACKENHURST – Die Vroue Landbou Unie het op 14 Januarie by die NG Kerk Brackenhurst vergadering gehou oor Kreatiewe en produktiewe vaardighede.

Gasvrouens was Barbara Engelbrecht, Nettie Kotze en Elza Cronje. Susie du Plooy het ‘n gedig voorgedra oor ‘n bejaarde dame wat doen net wat sy wil wanneer sy daardie ouderdom bereik.

In die gedig word melding gemaak van hoe sy rooi en pers dra, kleure wat glad nie saamhoort nie, en daarom het al die dames by VLU rooi hoedjies, vere of blomme gedra.

Daar was verversings, koffie en tee beskikbaar voor die verrigtinge afgeskop het. ‘n “Sugar crafting” demonstrasie is ook gedoen om die dames te wys hoe om versierings op koeke of kolwyntjies te sit.

Die dames se volgende vergadering is op 5 Februarie by die NG Kerk Brackenhurst. Kontak Anita 083 457 6332 vir meer inligting.

Exit mobile version