Hoërskool Dinamika groet twee personeellede

Na 20 jaar (1 Junie 1994 tot 31 Januarie 2014) groet Hoërskool Dinamika vir Ina Rautenbach.

BRACKENHURST – Ina het in die skool se media- en internetsentrums gewerk. Sy is egter veel meer as net die “biblioteektannie”, sy was vir elkeen ‘n steunpilaar. Ina het met groot liefde vir elkeen en almal ‘n glimlag en ondersteuning gebied, gehelp en die regte pad aangewys.

Ons is baie hartseer dat Ina aftree, maar gun haar die rus. Hoërskool Dinamika groet ‘n spesiale Namie, ons geliefde tannie Ina, en dank God dat ons die eer het om vir Ina te ken.

Vir 21 jaar (6 Oktober 1993 tot 31 Januarie 2014), en voor dit by Hoërskool Palmietfontein, was Louna Conradie ‘n rots in die administrasiekantoor van die skool. Louna weet waar is allles, hou boek van alles, kan alles doen! Louna het die skool se administrasie seepglad laat loop. Louna se werk was foutloos. Sy het verder ook tyd gehad om die Noodhulp tot groot hoogtes aan te voer.

Louna, sonder jou gaan ons letterlik en figuurlik, waarskynlik ‘n hele paar nerf-af knieë opdoen. Baie dankie dat jy altyd daar was vir elkeen van ons.

Hoërskool Dinamika groet ‘n besondere Namie, ons geliefde tannie Louna!

Exit mobile version