Editor's choiceNewsSchool sportSchoolsSport

Hoërskool Alberton klop Marais Viljoen in Queens 7’s finaal

Alberton het die Marais Viljoen se verdediging deeglik getoets en vele male die lyn gebreek maar nie gaan afrond nie.

FLORENTIA: Hoërskool Alberton het die Queens7’s rugby toernooi behoorlik oorheers.

Alberton het sommer vanaf hull eerste wedstryd van die toernooi die spanne behoorlik laat les opsê deur 35-10 te wen en met ander skole soos Hoërskool Noordheuwel 28-0, Krugersdorp 35-0, Queens 66-0 en Goudrif 40-0 in die proses af te reken.

Hulle het in die finaal van die beker teen Marais Viljoen te staan gekom en Alberton se Ruan Fourie het sommer vroeg in die wedstryd twee drieë gedruk wat deur Reagan Tsotetsi verdoel is.

Alberton het die Marais Viljoen se verdediging deeglik getoets en vele male die lyn gebreek maar nie gaan afrond nie. Marais Viljoen het hard terug geveg en twee onverdoelde drieë laat in die tweede halfte gedruk. Alberton wen die eindstryd 14-10.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button