Roodt is land se top ekonoom

Dawie Roodt is onlangs vereer met die toekenning as beste ekonoom in Suid-Afrika.

DAWIE Roodt is onlangs vereer met die toekenning as beste ekonoom in Suid-Afrika.

Roodt is welbekend in die finansiële wêreld en is direkteur en hoofekonoom van die Efficient Group.

Die Besigheidsforum van Ekurhuleni het Roodt vereer vir die uitstekende werk wat hy doen.

Roodt is krities oor hoe, volgens hom, die regering dink die mense werk vir hulle, terwyl hulle egter vir die mense van Suid-Afrika moet werk.

Hy het ook benadruk dat slegs die skepping van welvaart armoede kan teenwerk, sowel as om uit te vaar teen die indiensneming van amptenare in die regering wat nie die kwalifikasies het om die werk te kan doen nie, wat ’n groot rol speel in die feit dat Suid-Afrika se groeikoers nie van die grond kan afkom nie.

“Besigheidsmense moet nie skaam wees om welvaart te skep nie, deur welvaart te skep word werk geskep. Suid-Afrika het meer vakmanne nodig en wat my nog kwel is dat die klas van 2016 se matrieks gaan sukkel om werk te kry, ek voorspel dat slegs 30 persent van die klas van 2016 in diens geneem sal word wat baie kommerwekkend is,” het Roodt gesê.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

 

Exit mobile version