Local newsNews

Alberton Aftree-oord vier 25 jaar

Die feesnaweek sal plaasvind op September 28.

ALBERTON Aftree-oord in Florentia vier sy 25ste bestaansjaar op 28 September, en om die geleentheid te vier, word ’n groot feesnaweek beplan.

Dié doel van die naweek is om dankie te sê vir 25 jaar van onderlinge samewerking en ondersteuning van die Alberton-gemeenskap aan die inwoners van die oord.

Organisasies word deur die Alberton Aftree-oord genooi om van hierdie geleentheid gebruik te maak om hulle individuele fondsinsamelings by die aftree-oord te hou. Die fokus van dié geleentheid is om iets te kan teruggee in ruil vir die wonderlike ondersteuning wat die oord gedurende die afgelope 25 jaar ontvang het.

Allerlei pret aktiwiteite word beplan vir dié dag waar jonk en oud saam kan hande vat om fees te vier en seëninge te tel.

Kontak Cathy Pieters by 011 907 8641, cathy@arvb.co.za of Ronel Mellett 083 459 7015, secretary@arvb.co.za vir meer besonderhede rondom stalletjies of as jou organisasie belangstel om eienaarskap te neem van ’n aktiwiteit.

Related Articles

 
Back to top button