Local newsLocal NewsNews

Wen ‘n kruiwa propvol bederf

Die kruiwa is weer gevul met heerlike lekkernye ter waarde van R2 500.

JY kan die gelukkige wenner van ’n kruiwa propvol lekker bederf wees.

Die dames in die lewens van die Alberton Mannekoor se lede is weer besig met hul kruiwakompetisie vir Stepping Stone Hospice, wat nog beddens benodig vir hul nuwe vleuel.

Kaartjies is beskikbaar by die Pick n Pay Lemon Tree @ New Market, Stepping Stone en direk by die dames.

Die kruiwa is weer gevul met heerlike lekkernye ter waarde van R2 500.

Indien daar nie vrywilligers by die kruiwa is nie, is kaartjies ook beskikbaar by Pick n Pay en by Inkmate, in die sentrum. Die kruiwa kan besigtig word in die Pick n Pay winkel. Kaartjies is beskikbaar teen R20 elk en ’n boekie met vyf kaartjies is ook teen R100 beskikbaar.

Indien daar besighede is wat skenkings wil maak, is hulle welkom om met Rienie Venter by 083 232 0359 kontak te maak. Die dames is ook bereid om die kaartjies by besighede se kantore af te lewer.

Die dames wil ook van hierdie geleentheid gebruik maak om Brackenwest Hardware te bedank vir die skenking van die kruiwa, en Pick n Pay Lemon Tree se sentrum bestuur vir die vloerspasie vir die kruiwa.

 

Jy mag dalk ook in dié belangstel :

Search Damesoggend samel fondse in vir hospice

Lending a helping hand to Hospice

Related Articles

Back to top button