Local sportSport

Totsiens Lappies

MET Lappies de Beer se heengaan, het ’n besondere era in die geskiedenis van Alberton, die Lappies de Beer-era in plaaslike bestuur, tot ’n einde geloop. Wyle Lappies de Beer se beroepslewe was nou verweef met die geskiedenis van Alberton. Soveel so, dat dit in die annale opgeteken sal staan dat hy die laaste stadsklerk …

MET Lappies de Beer se heengaan, het ’n besondere era in die geskiedenis van Alberton, die Lappies de Beer-era in plaaslike bestuur, tot ’n einde geloop.

Wyle Lappies de Beer se beroepslewe was nou verweef met die geskiedenis van Alberton. Soveel so, dat dit in die annale opgeteken sal staan dat hy die laaste stadsklerk van Alberton sedert 1904 in die era van stadsrade was, tot en met die aanbreek van die nuwe demokratiese bedeling in 1994. Gedurende die tydperk 1995 tot 2000, was hy ook die eerste stadsklerk van die nuwe plaaslike oorgangsregering vir die groter Alberton tot die eerste demokratiese plaaslike verkiesings in Desember 2000.

Met die totstandkoming van die Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit, is hy aangestel as een van die eerste drie streeksdirekteure vir die noordelike streek (Kemptonpark, Tembisa en Edenvale). Tot voor sy aftrede het hy aan die hoof gestaan van die Katlehong kliënte diensleweringsentrum.

Dit was egter as mense-mens, wat Lappies de Beer, gebore op 10 Oktober, 1946, en afgesterwe op 9 November, 2015, die langste onthou sal word en waarvoor hy diep in die harte van inwoners, stadsraadsamptenare, vriende en familie ingekruip het en steeds in herinneringe sal voortleef.

Tydens sy gedenkdiens in die Nederduitse Hervormde Kerk Brackenhurst, gelei deur ds Japie Coetzee, is sy bydrae tot die gemeenskap gepas beskryf: “Lappies se bydrae tot die gemeenskap was onmeetbaar en sy voorbeeld van gee sonder om terug te verwag, sal ’n inspirasie bly vir almal wat hom geken het”. Sy laaste moeilike jare weens ’n lang siekbed is verwoord as: “Lappies was baie braaf en het geveg soos net hy kon, maar nou rus hy in vrede.” Sy humorsin en liefde vir sy famile is uitgebeeld in vertellings en ’n skyfievertoning van sy besondere lewe.

Hy laat sy vrou Helene, dogter Edie en gesin, dogter Santie, dogter Lene en gesin, sy suster Marie en broer Hans agter.

Totsiens Lappies de Beer en dankie vir die herinneringe. Alberton gaan jou mis.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button