Sport

Caitlin se dans genot

Caitlin Laing (9) is deel van 'n span van 11 dansers van Nicole's World of Dance wat aan die SA Teams kompetisie in Germiston gaan deelneem in Januarie.

Die wenspan sal dan Suid-Afrika verteenwoordig by ‘n danskompetisie wat volgende jaar in die Réunion Eilande gehou gaan word.

Caitlin is ‘n leerling van Laerskool PAM Brink en geniet dit om te dans.

Haar ma, Jeanette Laing, sê sy dans al die afgelope drie jaar, en dat Caitlin absoluut mal is oor dans.

Caitlin het onlangs aan die SA Dans Kampioenskappe deelgeneem waar sy ‘n goue, silwer en brons medalje ontvang het in energy, bhangra, slow style en hip hop.

Sy het ook ‘n silwer medalje ontvang in Latin, cha cha, samba, jive en paso en het tydens die Gauteng Dans Kampioenskappe ook twee brons medaljes ontvang in Latin.

“Sy neem ook classical lesse, maar is baie lief vir die Latin en energy style,” sê Jeanette.

“Ons is so trots op haar vordering en kan nie glo sy dans al drie jaar nie.”

 

Caitlin sê haar droom is om eendag net so ‘n goeie danser soos haar dans instruktrise, Nicole Anderson, te wees.

“Ek wil ook eendag ‘n dans instruktrise word,” sê sy.

Nicole is ewe trots op hierdie klein dansertjie en glo dat Caitlin ongelooflik talentvol is.

“Ek sien nie baie kinders wat so hard werk soos Caitlin nie, en wat ookal ek haar gee om te probeer, sy sal hard gaan oefen tot sy dit reg kry,” sê Nicole.

Related Articles

Back to top button