Local newsNews

Paartjie benodig hulp na brand hul besitting afmaai

‘n Middeljarige paartjie van Alberton se woonstel het afgebrand en alles is vernietig. Helpende Hand vra die gemeenskap om hulle harte oop te maak en die paartjie te help.

TURFFONTEIN- ’N middeljarige paartjie van Turffontein se woonstel het afgebrand en al hul besittings vernietig.

Die man en vrou het slegs die klere oor wat hulle aangehad het toe die brand uitgebreek het. Die oorsaak van die brand is nog nie bevestig nie.

Die man het brandwonde opgedoen aan sy gesig en nek en is in die Chris Hani-Baragwanath Hospitaal opgeneem. Sy vrou bly huidig by ’n vriendin.

Judi Muller van Solidariteit Helpende Hand het op 23 November vir hulle ’n klein woonstel gekry om te huur in ’n veiliger area. ’n Ouer paartjie wat by dieselfde agente ’n woonstel huur het gehoor van die tragedie en het reeds ’n sitkamerstel geskenk. Die Solidariteit Helpende Hand Alberton-span help ook reeds om klere in te samel.

Die paartjie benodig tans dringend ’n dubbelbed, ’n spieëlkas, ’n klein televisie en ander huishoudelike toebehore. Om te help kontak vir Judi by 083 454 7326 of e-pos judi@justjudi.co.za

Related Articles

Back to top button